|
Wanneer
u Proport kies, kry u toegewyde en professionele aandag en diens.
Ons verskaf meer leefspasie vir alle huiseienaars in die Wes-Kaap.
Proport is reeds in besigheid sedert 1986. Ons spesialiseer in die oprigting
van afdakke, sonkamers, braaikamers,
onderdak parkeer areas en die toemaak van swembaddens en balkonne.
Hierdie dinamiese maatskappy is in Bellville in die Wes-Kaap in Suid-Afrika
geleë. Die besigheid het in n klein fabriek in
die Wes-Kaap ontstaan en is begin deur Frikkie van Eeden. Die besigheid
het gou so groot gegroei dat hulle moes skuif
na n groter fabriek en sedert 1998 is Proport in hul eie fabriek
waar die meeste werk vooraf vervaardig en voorberei word.
Ons kan ongeveer 300 projekte per jaar doen en het die vermoë om
20 afdakke in vyf dae op te rig.
Sedert
1998 word Proport bestuur deur drie direkteure.
Besturende
Direkteur Deon Uys
Produksie Direkteur Cor Stofberg
Bemarkings Direkteur - Johann Coetzee
|