|
Proport bedek en maak basies alles toe. Dit is die rede hoekom ons The
Enclosure People genoem word. Afdakke,
sonkamers, braaikamers, swembaddens, balkonne en onderdak parkeer areas,
noem dit... ons doen dit.
Die struktuur wat gebruik word is vervaardig van liggewig aluzinc
staal, gebuig in u-kanale wat deur rivets
aanmekaargesit word sodat dit n baie sterk balk vorm. ALUZINC
is staal plaat wat bedek is met n allooilaag van 55%
aluminium, 44 % sink en 1% silikon, wat beskerming teen roes verskaf.
Die struktuur word met n hoë gehalte onderlaag
bedek en daarna gespuitverf om by bestaande strukture in te smelt.
Die dakmateriaal is IBR- metaal, Cromadec (geverfde IBR) plaat of U.V
behandelde Polycarbonate plaat as maksimum
lig benodig word.
Hoë gehalte skuifdeure met veiligheidsglas, asook aluminium vensters
word gebruik om die kante te vorm.

|