MOTORAFDAKKE Kaapstad en Wes-Kaap
Pasgemaakte motorafdakke van staal en aluminium, ontwerp vir toestande in die Wes-Kaap. ProPort ontwerp, vervaardig en installeer reeds sedert 1986 duursame motorafdakke.
MOTORAFDAKKE
Liggewig aluzinc word gebruik vir die struktuur, in plaas van die “gewone” hout afdakke. Met vandag se voertuig kostes, is dit net sinvol om daardie bates te beskerm teen die elemente.
Ons konstruksies is geskik vir privaat sowel as besigheids doeleindes. Munisipale planne word deur ons geteken, en ons behartig die hele proses van teken tot goedkeuring. Kliente het dus volle gemoedsrus, en weet dat alles ten volle aan alle munisipale en ander vereistes voldoen.
Proport strukture het n baie kenmerkende estetika, en alle dakke word afgeround met wit, onderhoudsvrye poliester fassies. Dit verskans die dakplate, en die reenwater word tot by die grondvlak geneem met ‘n pvc afvoerpyp.
Wat dakbedekking betref, is daar verskeie dakplate om van te kies, afhangende van persoonlike keuse, wat prakties is of wat deur sekere komplekse of behuising skemas vereis word.
Motorafdak opsies:
- Enkelmotorafdakke
- Dubbelmotorafdakke
- Uitsteek-motorafdakke
- Aangeboude motorafdakke
- Vrystaande motorafdakke
- Onderdak parkering
- Pasgemaakte kommersiële motorafdakke
Hoeveel kos 'n motorafdak in Kaapstad?
Die prys van 'n motorafdak hang af van die grootte, dakmateriaal, struktuur, terreintoestande en installasievereistes. Versoek 'n gratis terreinbeoordeling en kwotasie…

BESTE KWALITEIT
Ons is trots daarop om vakmanskap van uitstaande gehalte by elke projek te lewer. Deur slegs die beste materiale te gebruik, verseker ProPort blywende duursaamheid en tevredenheid vir elke motorafdak, sonkamer of omheinde struktuur wat ons installeer.

PROFESSIONEEL
Met dekades se ervaring en 'n praktiese benadering hanteer ons span elke projek met sorg, presisie en duidelike kommunikasie – van beplanning tot finale installasie.

BETROU EN GETOETS DEUR VELE
Sedert 1986 het ProPort ’n reputasie opgebou vir betroubaarheid en uitnemendheid. Ons langdurige kliënteverhoudings en konstante verwysings sê baie oor die diens wat ons lewer.
ONS PRODUKTE

TOEGEMAAKTE SWEMBADDENS
Proport spesialiseer sedert 1986 in die toemaak van swembad areas.

TOEGEMAAKTE BALKONNE
ProPort spesialiseer in die konstruksie van hoëgehalte, lae-onderhoud, liggewig ingeslote balkon.

BRAAIKAMERS
Daar is twee soorte mense in Kaapstad – dié met braaikamers en dié wat nog een wil hê.

MOTORAFDAKKE
ProPort spesialiseer in die konstruksie van hoë gehalte, lae onderhoud liggewig staal-motorafdakke.
