Onderdak Swembaddens
Deur n swembad onderdak te sit en die sykante toe te maak met glas en aluminium (skuifdeure en vensters), kan die swembad deur die jaar benut word ongeag die weersomstandighede.
Dit is veral in die onvoorspelbare Kaap baie prakties. Vele swemskole het ook al van ons dienste gebruik gemaak. Wat ontwerp betref, doen Proport alles – van eerste perseel besoek tot planne teken en munisipale goedkeuring.
Die Proport konsep bly altyd dieselfde, met struktuur wat uit aluzinc bestaan. By swembad onderdak areas is PVC of Polycarbonate die dakplaat van keuse, weens praktiese redes. Ons het ook die opsie van n skuifdak, wat oopmaak om lugsirkulsasie te bevorder waar nodig. Sykante word ontwerp soos nodig, en ons struktuur is aanpasbaar volgens kliente se behoeftes.
Met ontspannings plekke wat gevaarlik geraak het, duur is en soms ver gelee is, maak dit sin om jou eie tuiste te omskep in n onthalers droom deur die swembad toe te maak.

BESTE KWALITEIT
Ons is trots daarop om vakmanskap van uitstaande gehalte by elke projek te lewer. Deur slegs die beste materiale te gebruik, verseker ProPort blywende duursaamheid en tevredenheid vir elke motorafdak, sonkamer of omheinde struktuur wat ons installeer.

PROFESSIONEEL
Met dekades se ervaring en 'n praktiese benadering hanteer ons span elke projek met sorg, presisie en duidelike kommunikasie – van beplanning tot finale installasie.

BETROU EN GETOETS DEUR VELE
Sedert 1986 het ProPort ’n reputasie opgebou vir betroubaarheid en uitnemendheid. Ons langdurige kliënteverhoudings en konstante verwysings sê baie oor die diens wat ons lewer.
ONS PRODUKTE

TOEGEMAAKTE SWEMBADDENS
Proport spesialiseer sedert 1986 in die toemaak van swembad areas.

TOEGEMAAKTE BALKONNE
ProPort spesialiseer in die konstruksie van hoëgehalte, lae-onderhoud, liggewig ingeslote balkon.

BRAAIKAMERS
Daar is twee soorte mense in Kaapstad – dié met braaikamers en dié wat nog een wil hê.

MOTORAFDAKKE
ProPort spesialiseer in die konstruksie van hoë gehalte, lae onderhoud liggewig staal-motorafdakke.
